OpenStreetMap

OpenStreetMap
Tipe webblad digitale padkaart
Taal(e) Ten minste 151 gebiedsvertalings en onbeperkte aantal kaarttale[1]
Registrasie nodig vir bydraers
Eienaar OpenStreetMap gemeenskap.
Projekondersteuning deur OpenStreetMap Foundation[2]
Outeur Die gemeenskap
Opgerig 1 Julie 2004 (2004-07-01)
Huidige status Aktief
URL www.openstreetmap.org

OpenStreetMap (OSM) is 'n "kopielinkse" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur GPS-ontvangers, lugfoto's en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n geografiese koördinatestelsel, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.

OpenStreetMap is 'n samewerkingsprojek om 'n gratis bewerkbare kaart van die wêreld te skep. Die geodata onderliggend aan die kaart word beskou as die primêre uitset van die projek. Die skepping en groei van OSM is gemotiveer deur beperkings op die gebruik of beskikbaarheid van kaartdata oor 'n groot deel van die wêreld, en die koms van goedkoop draagbare satellietnavigasie-toestelle.[3]

  1. "Translating OpenStreetMap" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 27 Julie 2015.
  2. "FAQ". OpenStreetMap Wiki (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 15 April 2011.
  3. Anderson, Mark (18 Oktober 2006). "Global Positioning Tech Inspires Do-It-Yourself Mapping Project". National Geographic News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2009. Besoek op 25 Februarie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search